Die groot astro-bekendstelling

Sodra die projek voltooi is, gaan Monties Hokkie 'n groot bekendstellingsgeleentheid hou om die splinternuwe astroveld saam met die gemeenskap te vier. Ons droom van 'n vol dag — gemeenskap, gees, hokkie en musiek. Elke persoon, familie en besigheid wat 'n bydrae gemaak het, word aangemoedig om ons webtuiste en sosiale media dop te hou vir die Save the Date.

Wat ons in gedagte het (nog nie finaal nie):
  • 'n Paar vriendskaplike hokkiewedstryde op die nuwe astro deur die dag — spanne, oud-Monties en moontlik 'n gas-skool.
  • Moontlik 'n live band wat na die wedstryde optree om die dag af te sluit (nog te bevestig).
  • Eet- en drinkstalletjies, foto-geleenthede en erkenning van ons borge.

Besonderhede word bevestig namate die projek vorder.

Save the Date — coming soon

Datum en besonderhede sal bevestig word sodra die projek nader aan voltooiing is.

Gemeenskapsdag

Saam met spelers, ouers en oud-Monties.

Vriendskaplike wedstryde

Hokkie-aksie regdeur die dag op die nuwe astroveld.

Live musiek (tentatief)

Ons hoop om 'n band te kry om die viering af te sluit.

Hoërskool Montana wapenMonties Hokkie-bytjieMonties Hokkie Astro Missie

"Koop 'n boks. Vul die tenks. Bou die astro."

Betalings

Alle bydraes word direk aan KlubMonties betaal — die NPO-rekening vir Montana se borgskapfondse.

© 2026 Hoërskool Monties Hokkie. Alle regte voorbehou. · Admin

Proudly Built by