
Hoe om by te dra
Vyf eenvoudige stappe om deel van die Astro Missie te word.
- 1
Kies jou bydrae
Kies jou boks of borgpakket op die Borgpakkette-bladsy.
- 2
Betaal direk in die KlubMonties-rekening
Gebruik die bankbesonderhede hieronder.
- 3
Gebruik die korrekte verwysing
Astro+Naam en Van — bv. Astro+JohanSmit, of Astro+BesigheidNaam vir besighede.
- 4
Hou jou bewys van betaling
Stoor die bewys van jou EFT of inbetaling — jy gaan dit op die volgende stap moet oplaai.
- 5
Voltooi die betalingsbevestigingsvorm
Voltooi die vorm en laai jou bewys van betaling op sodat ons jou bydrae korrek kan erken.
- 6
Jou erkenning word geplaas
Sodra ons jou betaling bevestig, word jou naam op die Erkenningsmuur geplaas (tensy anoniem).
Betaal direk aan KlubMonties
Alle bydraes vir die Monties Hokkie Astro Projek moet direk in die KlubMonties-rekening betaal word. Dit is uiters belangrik dat die korrekte verwysing gebruik word sodat elke betaling korrek toegeken en erken kan word.
Voorbeelde: Astro+JohanSmit · Astro+ABCPlumbing · Astro+FamBotha
